SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

SAHARA AVONTUUR REEKS - PRONK BOEKE

Die Sahara Avontuur reeks is briljante aksie-intrige verhale wat afspeel in die Sahara woestyn. Die hoofkarakter is Theuns Stegmann, 'n Suid-Afrikaner wat daar aangesluit het by die Franse Vreemde Legioen, omrede sy broer gedurende die tweede wêreld oorlog afgeskiet is deur die Duitsers. Hy glo vas dat sy broer nog lewe en deur sy aansluiting by die Franse Vreemde Legioen in die woestyn, het hy dus die geleentheid om so na hom te kan soek. Hy het sy Bolandse wynplaas agterweë gelaat en saam met Fritz Mundt die Duitser, Jack Ritchie die Engelsman, Podolski die Pool en Petacci die Italianer, beleef hulle die een spanningsvolle avontuur na die ander. Dit is natuurlik ook my gunsteling reeks, want mens weet net nooit wat volgende gaan gebeur nie.

Ander karakters wat dalk ook genoem kan word is Kolonel Le Clerq, die bevelvoerder van die Fort Dini-Salam en wat maar lief is vir sy skelm sopies en Kaptein D'Arlan, wat tereg as die Houdini van die Sahara woestyn bekend staan onder die Arabiere, omrede hy die vermoë het om hom en sy troepe elke keer uit die onmoontlikste situasies te kan laat ontkom. In meeste van die verhale is die Vreemde Legioen in een of ander manier in 'n skermutseling met Arabiere betrokke. Hulle ontdek onder andere 'n verlore tempel in die woestyn, 'n geheime wapenopslagplek van die Tweede Wêreld oorlog, gaan gebuk onder verraad deur hul eie Legioensoldate en vele ander baie interessante stories.

Meiring Fouche (FA Venter) wat die skrywer is van die reeks, is hier seker op sy allerbeste, as dit kom by spanning, drama, aksie en intriges. Hy het oorspronklik veertig boeke in die reeks geskryf, waarvan Sirkel uitgewers net sewe en dertig in die 1980's uitgegee het. Die volgorde van die boekies stem nie ooreen met die oorspronklike uitgawe nie. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 40 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

40 Items
#1 Heks van die Sahara

Heks van die Sahara

Meiring Fouche 1956
#2 Spore na die dood

Spore na die dood

Meiring Fouche 1956
#3 Die Skarlaken ruiters

Die Skarlaken ruiters

Meiring Fouche 1956
#4 Wraak van die woestyn

Wraak van die woestyn

Meiring Fouche 1956
#5 Die fort is stil

Die fort is stil

Meiring Fouche 1956
#6 Dood met sonop

Dood met sonop

Meiring Fouche 1957
#7 Dreunende hoewe

Dreunende hoewe

Meiring Fouche 1957
#8 Bloed voor die son

Bloed voor die son

Meiring Fouche 1957
#9 Die spore roep

Die spore roep

Meiring Fouche 1957
#10 Mademoiselle Julie

Mademoiselle Julie

Meiring Fouche 1957
#11 Wraak van die sabel

Wraak van die sabel

Meiring Fouche 1958
#12 Bloedige robyne

Bloedige robyne

Meiring Fouche 1958
#13 Bloed oor die duine

Bloed oor die duine

Meiring Fouche 1958
#14 Duine van die dood

Duine van die dood

Meiring Fouche 1958
#15 Dreigende daeraad

Dreigende daeraad

Meiring Fouche 1958
#16 Bouvalle van die dood

Bouvalle van die dood

Meiring Fouche 1958
#17 Gaste van die dood

Gaste van die dood

Meiring Fouche 1959
#18 Bitter die wraak

Bitter die wraak

Meiring Fouche 1959
#19 Vlamme in die tempel

Vlamme in die tempel

Meiring Fouche 1959
#20 Strik van die dood

Strik van die dood

Meiring Fouche 1959
#21 Die dodelike sluipers

Die dodelike sluipers

Meiring Fouche 1959
#22 Nag van geweld

Nag van geweld

Meiring Fouche 1959
#23 Bloed oor die bouvalle

Bloed oor die bouvalle

Meiring Fouche 1959
#24 Spelonk van verskrikking

Spelonk van verskrikking

Meiring Fouche 1959
#25 Skaduwee van gister

Skaduwee van gister

Meiring Fouche 1959
#26 Storm oor Dini-Salam

Storm oor Dini-Salam

Meiring Fouche 1960
#27 Die skatte van Marabash

Die skatte van Marabash

Meiring Fouche 1960
#28 Wraak in die woestynvesting

Wraak in die woestynvesting

Meiring Fouche 1960
#29 Stille dood oor die Sahara

Stille dood oor die Sahara

Meiring Fouche 1960
#30 Die verraaier van Dini-Salam

Die verraaier van Dini-Salam

Meiring Fouche 1961
#31 Graf in die woestyn

Graf in die woestyn

Meiring Fouche 1961
#32 Vlamme in die woestyn

Vlamme in die woestyn

Meiring Fouche 1961
#33 Noodroep uit die woestyn

Noodroep uit die woestyn

Meiring Fouche 1961
#34 Spore van verraad

Spore van verraad

Meiring Fouche 1961
#35 Die raaisel van Aber-El-Mir

Die raaisel van Aber-El-Mir

Meiring Fouche 1961
#36 'n Teken in die nag

'n Teken in die nag

Meiring Fouche 1962
#37 Die swaard van verwoesting

Die swaard van verwoesting

Meiring Fouche 1962
#38 Vuurpeleton lê aan

Vuurpeleton lê aan

Meiring Fouche 1962
#39 Die bloedbad van Goras

Die bloedbad van Goras

Meiring Fouche 1962
#40 Die geheim van Fort Laval

Die geheim van Fort Laval

Meiring Fouche 1963